Dinaka
Kwanare
Lumarie
Nyumbu
Phala Phala

Shelanti
Tembani

Content on this page requires a newer version of Adobe Flash Player.

Get Adobe Flash player


Dinaka

Dinaka Wildreservaat se totstandkoming dateer terug na 1975 toe wyle Jimie Malan wild aan die voet van die pragtige Waterberge hervestig het. Sy liefde vir die natuur en kundigheid was die begin van 'n reservaat wat vandag meer as 8000 hektaar beslaan.

'n Wye verskeidenheid wild is suksesvol hier hervestig en aanteel word vandag vir lewende verkope asook trofee- en selektiewe vleisjag benut. Die puik diversiteit in sy geheel dra daartoe by dat die reservaat ook vir 'n verskeidenheid fotografiese aktiwiteite benut word.

Progressiewe veranderinge het daartoe gelei dat ons reeds vir 'n geruime tyd die kroonjuwele in die wildbedryf met 'n STOETbenadering teel en bestuur. In die teelprogramme benut ons puik bulle sowel as hoë gehalte vroulike diere. Voedinggehalte word bevorder en teeldiere word noukeurig gemonitor. Teelkampe is egter van so 'n aard dat ons, sover moontlik, natuurlike habitat probeer behou. Hierdie goeie beginsels is noodsaaklik vir elke wildboer se sukses.

Dinaka is nie ons stokperdjie nie — Dinaka is ons lewe! Om langtermyn sukses te handhaaf, word elke koper met respek behandel. Puik diens, eerlikheid en kliënte tevredenheid is ons waarborg.

Ons nooi u om nie net ons wild aan te koop nie, maar om u voornemende aankope by Dinaka in die natuur te kom besigtig.

Vir meer inligting kontak Johan & Nadien.
Johan & Nadien Bosch: dinaka@global.co.za  of 082 576 9677 

back to top


 

 

Dinaka Johan & Nadien

Dinaka Rhino

Dinaka Zeus

click photo to enlarge

 

 



Dinaka Kwanare Lumarie
Shelanti Tembani Wildlife
 
Home
  I  All News  I  Auction 2011  I 2010 Auction:  Auction Animals  I  Catalogue with Photos  I  Mbizi  I  Login  I  Contact  I  Breeders Location

© Stud Game Breeders 2010